Ontmoeting
12 Maart 2020Dis opedag in Zwarrieland... Kiana bekoor almal met haar stem, Dieter maak die meisies se knieë lam by die Mnr Zwarrie- stalletjie, terwyl hy eintlik net oë het vir die blonde meisie met die kitaar op die verhoog. Dis met 'n baie "awkward": "Is dit jóú kitaar daai?" wat hy haar aandag probeer kry! Minwetend dat die sterre binne oomblikke gaan verskiet. Hulle oë sien mekaar regtig raak, twee harte knoop net daar in die vierkant: wie sou kon dink dat dit die begin van hulle "vir altyd" gaan wees?