Slegs gaste wat 'n uitnodiging ontvang het, is baie welkom.
Ongelukkig word daar nie vir kindertjies voorsiening gemaak nie, tensy daar vooraf 'n spesiale reëling met ons getref is.
Die seremonie vind buite plaas en die onthaal binne.
Indien dit sou reën, is daar 'n plan B vir die seremonie.
Omdat die seremonie 15:30 begin, versoek ons dat almal reeds 15:00 sal arriveer.
Trek ietsie spesiaal in enige kleurskema aan: lieflik genoeg vir die foto's, maar gemaklik genoeg vir die dansbaan!
(Manne, los asb die denim by die huis)
Om ons mooiste dag met julle te deel is alreeds ons grootste geskenk, maar as julle ons nog meer wil bederf, sal 'n bydrae tot ons spaarvarkie baie waardeer word!