Ons Liefdesverhaal

Hoe dit alles begin het...

Ontmoeting

Ontmoeting

12 Maart 2020

Dis opedag in Zwarrieland... Kiana bekoor almal met haar stem, Dieter maak die meisies se knieë lam by die Mnr Zwarrie- stalletjie, terwyl hy eintlik net oë het vir die blonde meisie met die kitaar op die verhoog. Dis met 'n baie "awkward": "Is dit jóú kitaar daai?" wat hy haar aandag probeer kry! Minwetend dat die sterre binne oomblikke gaan verskiet. Hulle oë sien mekaar regtig raak, twee harte knoop net daar in die vierkant: wie sou kon dink dat dit die begin van hulle "vir altyd" gaan wees?

Uitvra

Uitvra

15 Mei 2020

Pictionary... dis mos 'n gewone gespelery soos elke ander aand... maar nee! Ewe geduldig raai Kiana elke prentjie raak: jy...my...meisie...wees...SAL JY MY MEISIE WEES? Skree sy die woorde van Dieter se prentjies uit...giggel skielik, want stadig besef sy, dis nie 'n gewone Pictionary dié nie, dis 'n gekys-vraery. Almal weet natuurlik wat haar antwoord was!

Covid

Covid

Die virus het ons beet! By die skool is die onnies in rep en roer: "Pasop vir nies, skrop jou hande en dra jou masker... o ja en hou jou afstand! Bla bla bla...en intussen steel ons, as die onnies nie kyk nie, al die soene wat ons kan kry! Duidelik het 'n ander hoogs aansteeklike virus ons beetgekry- verliefdheid in die ernstigste graad!

Eerste vakansie

Eerste vakansie

Desember 2020

Son, sand, see, visvang op die boot en baie pret later, bly Yellows vir ons altwee spesiaal, want dis ons eerste vakansie saam.

Matriekafskeid

Matriekafskeid

1 Oktober 2021

Die dag toe Kiana so mooi soos 'n prinses gelyk het en Dieter haar Prince Charming... matriekafskeid en harte vol drome en die wens om eendag met 'n wit rok langs haar Prince Charming te staan.

Die Verlowing

Die Verlowing

Almal konkel saam, die geheim moet bewaar word! Hierdie rustige Kotze-"gesinsnaweek" verander op die klipperige koppies van Ficksburg in 'n groot verrassing vir Kiana. Dieter gaan op sy knieg en die ja-woord word gevra! 'n Oomblik om nooit te vergeet nie! Sjampanjeproppe skiet en net daar, terwyl die son in die verte sak, en die uitsig ons asems wegslaan, word daar fees gevier! Kiana het ja gesê en die ring vertel die storie van hul ewigdurende liefde.